0Comment

 

1.
Ek was van altyd maar skugter
Omgedraai en weg gevou,
Altyd verwyderd van iemand se nugter,
Die stok en siel van onthou.

2.
Ek was van altyd maar net een
Toe gevou en ingesoom
Altyd verwyderd – net ek en my grafsteen
Stilte ingewerk soos kis vol been

3.
Ek was van altyd maar net daar
Toegedraai en weg gevou
Altyd verwyderd van enige hart se snaar,
Soos my ou ramkiekie gespeel in blou…

Toegedraai, ingesoom en weggevou…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *