2Comment

Die Loftusmasjien -Nardus van der Vyver

 

Ek en my pêl gaan sit op Loftus

en al wat ek sien

is die Bloumasjien

want hoë rugby-oktaan is mos hier ons kultus.

 

Ons tappits het ons horingcovers op ons kop,

kaal bo-lywe is blou gespraypaint,

pom-pom balle is metalicblou gefynt

en die Hilux se blou balle hang onder agterop.

 

Die blou engin start as die rev se fluitjie blaas

en 50 000 tappits spring op en af,

die engin brul dat ‘n leeu wil blaf

en ‘n haai die timing tune en die bal in die middel plaas.

 

Die afskop gebeur en die haaie sit voet in die hoek,

‘n onderskepbal laat ‘n haai se sump sink,

die tappits skree en polish ‘n blou bul blink

totdat  ons die bal knock en ons tappits dit probeer reg vloek.

 

Die rev se head lights is mos af en dom soos ‘n klip,

die tappit voor my het ‘n gaskit geblaas,

(miskien ‘n skroef los helaas?)

sy pêl langs hom het ‘n iewers ‘n moer gestrip!

 

Die rev se halftydtoeter maak ‘n geraas

en dis tyd vir ghries en olie aftap

en pap wiele weer toe lap

en dat Naas se turbo voorlopig kan stoom afblaas.

 

Die Blou Bul-engin start weer as die rev se fluitjie blaas

en ons 50 000 tappits spring op en af.

Op die veld moet die medics AA-diens verskaf

as die manne se gemoedere begin bearings slaan as hul die bal verplaas.

 

Toe nog ‘n Blou Bul-move backfire

kom ‘n ge-oliede build-for-comfort-not-for-speed-model van Brakpan,

gestrip van all bare necessities, en hardloop soos hy kan!

‘n Speedcop  gee hom toe ‘n vinnige puncture in sy tyre…

 

Maar Loftus bly vir ons die lekkerste plek

waar ons van alle lewensorge kan vergeet

en blywende vriendskappe kan maak en meet

en sommer ook ons eie wonde kan af lek!

 

Dáárom gaan ek en my pêl sit op Loftus

en al wat ons WIL sien

is die Bloumasjien

want Blou Bloed hoë rugby-oktaan is mos ook óns kultus!

2 thoughts on “Die Loftusmasjien – Nardus van der Vyver

  1. Wil net se dat dit lyk of die bloumasjien ‘n major service nodig het. Se ek mos vir die man “die beker word nie in April gewen nie” en hy antwoord “Ja maar die Bulle word”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *