0Comment

Die Draak van Nuwe Land – Nardus van der Vyver

 

Van geboorte af kyk hy vir my

die draak van Nuwe Land

sy kake is gedurig om my

sy asem stink onbemand

 

ek is in sy grot vasgekeer

hy maak my groot vir eendag

om dan op my lewe te teer

en lê dan daarop beslag

 

sy kake slaan diep in my vlees

(so diep, dit bly agter –

selfs die die dood se vrees)

en daarna is alles sagter.

 

Hy vat my na Nuwe Land

die slegte  draak gee my wins!

Strate van goud, kant tot kant

en vrees is daar geensins…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *