0Comment

So vinnig as jy kan sê: “mes”…hahaha….mes…mes…mes…  Ek het nog altyd ‘n ding  vir ‘n mes.  Dit is ‘n man se trots, sy alles.  Dit sê presies watter man hy is.  ‘n Jagtersmes sê: “My baas is hier..hy soek jou…hy kry jou…hy slag jou…hy is die baas.”  Ja, dit is wat ‘n jagtersmes sê.

Toe ek elf jaar oud was het die rugby  coach by ons skool ons elkeen wat vyf drieë kon druk in die seisoen ‘n mes belowe.  Daar was nie genoeg mansonderwysers nie en hulle gebruik toe buite-afrigters.  Daai ou wat ons afgerig het, was nogals ryk…hy het ching gehad.  Nege drieë…nege…en ‘n Kershaw jagtersmes.  Jis, ek was bly!

My ma was nie so exited soos ek nie.  But, who cares, right?  Who cares…

O, ja, die skoolhoof!  Hy het big time gecare!

“Ag nee, magtag Pieter!  Mens kan mos nie ‘n mes saambring skool toe nie!  Is jy nou heeltemal mal?  Wat wil jy hiermee maak by die skool?”

“Niks nie, meneer…”

“Niks?  Niks?  Nou vir wat bring jy die blerrie ding vir niks skool toe, huh?  Jy praat lekker bollie, man!  Jy het ‘n plan gehad met die mes…gelukkig het juffrou Vermaak dit betyds gevind.  Baie dankie, juffrou, goeie werk.”

Hy het my huistoe gestuur vir die res van die dag. En die dag daarna om oor my sondes te dink.  Jis, hoe moes ek vir hom sê dat ek wou net die mes skool toe bring om mee te brag?

Daai mes was about die enigste ding wat ek gehad het om oor te brag.  Bernard, die “vinnige” senter van die O’10-span daai jaar, het net 4 drieë gedruk.  Maar…máár…sy pa het die span daai jaar se rugby geborg…èn die braai vir die onnies na elke game…èn die jag vir al die afrigters op hulle eie jagplaas…en Bernard het die beker gekry vir die beste rugbyspeler vir die jaar.  Was die laaste jaar wat ek rugby gejol het!

Miskien het my pa ook ‘n jagplaas, who knows?  Who knows!  Jy weet, as ek hom geken het, het ek seker geweet.  Maar ek ken my ma.  Ken al twee haar kante – die kant waar sy dronk is en die kant waar sy babbalas is.

As moet honest wees…dan…voel ek onsigbaar in hierdie  crazy world, eintlik voel ek al klaar dood.  Almal dink ek is nie goed genoeg nie.  Maar met die mes…met die mes voel ek goed genoeg.  Ek het alles al getry om dit nie te gebruik nie, maar dit werk nie.  As ek myself cut, dan voel ek alive, nie meer dood nie.  Enige ding kan my trigger.  Any thing!  Maar, in public, dra ek my beste gesiggie.  Ek dra my hemp, my skoene, my baadjie…so vinnig as jy kan sê: “mes”!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *