0Comment

MISKIEN… – Nardus van der Vyver

 

Miskien is die lewe maar net ‘n warrelbos

wat groter word met tyd;

of wat sneeubal…koud…rond…gevaarlik…

wat al hoe groter word van verwyt…met tyd.

 

Miskien is almal net ‘n holderstebolder

soos die hamster se wilde speelding

wat rondjaag en nêrens kom…

al glo jy dit in jou verbeelding!

 

Miskien is die aarde rond van grond

wat elke dag draai en draai;

die wete van spoed altyd teenwoordig

wat eendag skielik gaan stil staan…

en weg waai…

 

Miskien is die mens maar net van stof,

al het dit grade met lof

en dure Duitse motors opgetof…

dit bly maar net…stof…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *