0Comment

ONS TWEE BENE – Nardus van der Vyver

 

Saam-saam stap ons twee bene die pad

dra alle gewig saam van die lewe

een van ons is links en die ander probeer regs te lap

maar ons loop darem en vergewe…

 

So verander die linkerbeen in ‘n wrak

en saamstap word skielik opgeskort

die regterbeen verander in ‘n bouval

en die gewig wat ons dra op die vloer gestort.
Saam-saam lê ons twee bene in die pad

die een ‘n murasie en die wrak ‘n hoenderhok.

‘n SMS-spookdorp van gister

maar al wat bly is die wrakkige skok!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *