0Comment

1.

So is Petrus die hoenders in om

teënsinnig te begin werk by Rainbow Chicken,

tronkgevulde emosies van selfverwyd,

al is dit vingerlek-lekker KFC en Chicken Licken

maar die hane kraai 24 uur om…

2.

Rus vir die gemoed is so skaars soos hoendertande

want hoenders kekkel al rondom Petrus hul nood,

kyk hom meer as 3 keer ‘n dag verloënd aan

as hy hul onderstebo kruisig vir die dood

en die hane kraai harder in Petrus se lande…

3.

Petrus se gekraaide gemoed raak mal,

soos ‘n afkophoender.

Hard probeer hy: “Ek ken julle nie!”

maar dis net sy gewete wat hom rondboender

en nog ‘n haan kraai mal…

4.

Petrus word toe so sag soos ‘n lammetjie

“Rainbow Chicken is vir die hoenders!” besluit hy.

Hy soek werk op ‘n skaapplaas

en keer dat wolwe lammers buit

en laat skape wei by groen gras en ‘n dammetjie.

5.

My en Petrus se gewete is hoenders van enerse vere

want al my foute word gedurig vir my gewys

tot ek hul kruisig

en Vrede van Sy Woord verrys

al gaan hane ook HOE te kere!

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *