0Comment

A!  Welkom, welkom, welkom!  Ek kan nie sê hoe bly is ek dat jy werklik hier is nie.  Nee, regtig, genuine, ek is regtig bly.  Dis nie net nog ‘n cliché nie;  werklik bly.  (onseker en in gedagte; by homself)  Ek…ek weet net nie of jy baie lank gaan tuis voel nie…wel…niemand blyk tuis te voel na ‘n baie kort rukkie nie…

(skielik weer by homself).  So, ek reken ons begin seker maar by die begin.  Daai dag…toe alles begin het.  Soos enige 17-jarige was ek oppad na my meisie se huis op ‘n Vrydagaand met my fiets.  Haar naam is Jeanette maar ek het haar nog altyg net Jenny genoem.  Nogals met ‘n bos blomme in my rugsak agter op my rug, het nog ‘n mooi houer van koerant papier gemaak dat dit nie te veel squash nie.  Ek was opgewonde.   Die lig was groen en ek het gery.  Ek meen, dis mos wat jy doen as ‘n lig groen word – right?  Jy ry…dis mos jou beurt, dan nie?  Wel, blykbaar nie vir daai blêrrie dronk vent nie… hy was blykbaar so poepdronk hy het nie eers geweet hy bestuur nie.  Nog minder dat die lig vir hom rooi was!

Van die ongeluk kan ek niks onthou nie.  Eintlik ook nie eers van toe ek wakker geword het in die hospitaal nie.  My…my gedagtes kom so vaag-vaag terug…amper soos as jy jou favourite TV-show net so hier en daar gesien het.  Net so.  Of hoe kan ek dit nog stel?  Uhm…amper soos wat jy uit ‘n diep slaap wakker word en jy is nog so half en half deur die poef en weet nie mooi wat om jou aangaan nie.  Wel, so iets.  Verskil is net – hierdie is nie ‘n nice droom nie, dis ‘n boerse nagmerrie.  Ek is tussen mense maar stoksielalleen op ‘n eiland.  Almal dink ek is die een of ander embasiel.  Kan nie meer praat nie, kan nie lees nie, kan nie skryf nie, kan nie sê hoe ek voel nie en almal vertel my wat ek dink!  Klink dit vir jou miskien of ek wonder wat ek dink.

“Hoor hier, miskien moet ons nog ‘n kussing agter jou rug sit dat jy meer gemakliker kan wees.”

Jeanette wil help en ek wil haar bedank met ‘n “Nee, dankie, ek is gemaklik soos ek is”.

(Probeer praat maar kry niks logies uit nie)“NNnnn…(pouse) ie..uuhhh….(probeer ‘n k uitkry)

“Ja, ja, ja, toemaar raak net rustig, en ontspan maar net.  Moet jou nou nie staan en ontstel nie. Daarsy!  Sien jy?  Sommer gemakliker!”

Verdomp!  Ek is nie gemakliker nie!  Ek het niemand anders as myself nodig om vir my te sê hoe voel gemaklik nie!   Ek kan net nie praat nie!  Maak dit nou my IK een minder as die van ‘n kaktusplant?  Wel, sy het my gedrop soos ‘n kaktusplant.  Of liewer, my nie eers gesê sy het ‘n ander ou nie.  Ek is mos te stupid om te weet my eie naam is Werner!  Gehoor hoe my pelle voor my praat…toe twee en twee bymekaar gesit.

Maar die pits – dan kom my pelle by my bed aan.

(Stadig.Hard.Oorgeartikuleerd, asof doof).  “HOE GAAN DIT VANDAG MET JOU?”

Ek smile, wil vir die ou sê: “Wel, het beter dae gehad toe ek rugby gespeel het.  Hierdie game is egter een van ‘n ander aard – almal dink as jy nie kan praat nie is jy doof!”   (Sarkies hahahaha)

Maar al wat uitkom is:  “Nmm aa  dd  êêê ssss” Dis al.

Dan hoor ek hulle sê:  “Ja, nee, duidelik het hy ‘n paar varkies op die teer verloor daai dag.  Shame.”

Varkies?  Varkies?  Van wanneer af maak varkies jou slim, jou blêrrie idioot?  Ga!  Dit is dan ook die laaste keer dat ek die of daai pel, met of sonder al SY varkies, weer sien.  Hulle kom net nooit weer nie.  So asof hulle jou kom groet het – asof jy gereed gemaak het vir jou graf.  Maar dis die punt!  Ek is nie dood nie maar tog is ek!  Of is dit die lewe na die dood waarvan die dominee gepraat het?  Is hierdie die hel of wat?  Dis beslis nie die Hemel nie, dit kan ek jou verseker.  Die ander dag kom ‘n hospitaalprediker hier aan.  Lees vir my uit sy fênsie Bybel.

“Jy weet dat dit is sonde wat skeiding maak tussen jou en die Here.  Kyk, mens kan enige iets vir God vra en Hy sal jou gebede verhoor as jou geloof sterk genoeg is.  Maar as daar sonde tussen jou en Hom staan of jou geloof is nie sterk genoeg nie, sal jy in hierdie bed bly sit tot die dag van jou dood.”

Nou, daar is nie baie geselskap as jy so is soos ek nie, so jy het pritty baie tyd om te bid.  So, jy bid.  Jy dink aan al jou sondes.  Jy belei alles.  Van die keer toe jy jou huiswerk afgeskryf het tot waar jy gelieg het vir jou ouers dat jy agter jou ore gewas het toe jy gebad het.  Letterlik alles.  Dan bid jy, dan glo jy… en jy word steeds nie gesond nie.  Jy bly net so ‘n…’n  idoot.  (Begin emosioneel te raak)  Miskien is die hospitaalprediker se geloof te klein!  (Begin hartseer raak)  Ek verstaan net nie hoe ‘n God van liefde dit dan toelaat nie!  Hoe kan Hy?  Hy doen dit aan jou en vergeet jou dan – laat jou net hier lê.  Maar dis my ouers.  My ma kan dit ook nie lekker handle nie – gehoor hoe sy vir my pa gesê het dit sou seker beter gewees het as ek dood was in die ongeluk.  (Begin snikheet te huil).

(Weer in vegetariese staat)” W..ww.êl..kkkk…m….uh….mmmmy wêêêrlD”…..

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *