0Comment

Ek soek na meer en meer woorde

wat soos goud kan hang aan my boorde;

want dit maak kennis begeerlik,

selfs rand-en-sent onontbeerlik.

 

Maar my woorde is so karig min

dis net ‘n leë pot met baie niks in;

so Die Wysheid doen skielik verslag:

“Neem My woorde in ag!”

 

“Gaan maak vir jou kanne bymekaar,

soveel as wat jou geloof kan by skaar.

Soek nou aan die einde van die reënboog,

dit lê dáár begrawe in ‘n boek of verhoog.”

 

Ja, die woorde is toe al die tyd waar:

die einde van die reënboog het potte goud daar!

Potte vol woorde van goudgoed en kwaad

en bome, wat kennis dra, se silwersoet saad!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *